Posts

Meer oor Ingrid Jonker

Ingrid Jonker Biografiese inligting Ingrid Jonker is op 19 September 1933 op Douglas in die Noord-Kaap gebore. Haar ma is dood toe sy nog klein was, en sy moes as kind ’n paar keer rondtrek. Haar pa, Abraham H Jonker, was ’n Nasionale Party-politikus, en hulle het nie goed oor die weg gekom nie. Sy het aan Wynberg Meisieskool gematrikuleer en het daarna by boekwinkels, uitgewers en drukkerye gewerk. Haar debuutbundel,  Ontvlugting , verskyn in 1956, en sy ontvang in 1964 die APB-prys vir haar tweede bundel,  Rook en Oker . Die prysgeld en ’n studiebeurs van Anglo American stel haar in staat om oorsee te reis. Haar dogter, Simone, wat ’n belangrike rol in Ingrid se gedigte speel, is gebore uit haar huwelik met Pieter Venter van wie sy later geskei is. Ingrid word gegroepeer onder die “Sestigers” waarvan André P Brink en Jan Rabie ook deel was. Sy pleeg selfmoord deur op 19 Julie 1965 by Drieankerbaai die see in te loop. Haar derde en laaste bundel,  Kantelson , het postuum in 1
Image
Drieankersbaai
Die beskrywing van die gedig  Hoewel die spreker die gedig vanuit ’n eerstespersoonsperspektief aan die leser bied, en die gedig deurgaans die voornaamwoordelike benoemings “ek” en “hy” handhaaf, is dit “sterk gesublimeer … [en net so sterk] onthef aan die enkele ek-[hy]-geval” (Antonissen 1966: 181) van ’n spesifieke liefdesverhouding. Dus verkry die gedig betekenis binne die veel wyer, universele raamwerk van die liefde se verval. Oor die identitiet van die “hy” waarna die spreker deurgaans in die gedig verwys, kan daar net gespekuleer word. Moontlik verwys dit na Jack Cope, Jonker se groot liefde, wat in Junie 1963 sy verhouding met haar beëindig het ( Rook en Oker word immers eers in Oktober 1963 gepubliseer). Hoe dit ookal sy, is die spesifieke identifikasie van die “hy” nie soseer van belang nie – dit is eerder belangrik dat die gedig (en die liefdesbreuk wat dit voorstel) ’n universele gehoor het. Haar liefdesteleurstelling is vir die spreker ’n bitterbessie wat elk
Image
BITTERBESSIE DAGBREEK Bitterbessie dagbreek bitterbessie son ʼn spieël het gebreek tussen my en hom Soek ek na die grootpad om daarlangs te draf oral draai die paadjies van sy woorde af Dennebos herinnering dennebos vergeet het ek ook verdwaal trap ek in my leed Papegaai-bont eggo kierang kierang my totdat ek bedroë weer die koggel kry Eggo is geen antwoord antwoord hy alom bitterbessie dagbreek bitterbessie son